Skaam jou Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 10 December 2019 07:31
Untitled Document

Carina Kotze van Mooiplaats skryf:
Ek het ’n profielfoto op sosiale media gesien wat my só ontstel het dat ek voel ek moet iets daaroor sê. Dit is van twee seuntjies met gewere by ‘n hoop dooie voëls. Hoekom wil mense alles doodmaak? Jy as ouer behoort jou te skaam. Jy is ’n slegte voorbeeld.

In plaas daarvan dat jy jou kinders respek en liefde vir die natuur leer, leer jy hulle dis ‘okay’ om vir die plesier alles dood te maak; om geen respek vir ander lewens te hê nie.

Wat leer jy jou kinders? Ek tel in die gedeelte van die foto wat ek kan sien 11 dooie voëls. Hoekom? Hoeveel is daar nog? Wat is die rede? Hoeveel is gewond, wat stadig iewers anders doodgaan.

Sing hulle jou wakker in die oggend of mis hulle op jou dak? Jy het besluit om in ’n landelike omgewing te kom bly. As jy dit nie kan hanteer nie, gaan bly in ’n woonstel in Sunnyside of Hillbrow, waar alles alreeds uitgeroei is.

En jy is trots op jou kinders, want dis jou profielfoto. Jy spog daaroor. Jy en mense soos jy behoort julle te skaam . . . sies man!

 

© 2020 Die/The Bronberger