Gekaapte vrag koperplate opgespoor PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 19 November 2019 14:40
Untitled Document

‘n Gekaapte vrag van 34 ton koperplate is op 15 Oktober op die Delmaspad (R50) opgespoor.

Die Welbekendse sektorpolisiëring het inligting ontvang wat gelei het na die aankeer van ‘n 25-jarige man in besit van ‘n vragmotor, wat glo op die N1-snelweg naby die Pumulani-tolhek gekaap is.


Die gekaapte vrag
Foto: Verskaf

Volgens sersant Tsietsi Lamola, woordvoerder van die Welbekend-polisiestasie, is die Scania vragmotor wat gekaap is, op die N12-snelweg in Delmas ontkoppel en die sleepwa is later gevind waar dit deur ‘n International vragmotor gesleep is.

Die vragmotor is deur drie voertuie vergesel: ‘n Rooi Volkswagen Polo, ’n rooi Renault Clio en ‘n groen BMW. Met die arrestasie het al drie voertuie weggejaag en een verdagte het uit die International vragmotor gespring en weggehardloop. Sy medepligtige is in die vragmotor in hegtenis geneem.

 

© 2019 Die/The Bronberger