Betekenis van dié ‘Jagtersmaan’ PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 19 November 2019 14:35
Untitled Document

Baie Bronnie-lesers het die opvallende oranje volmaan in Oktober met ‘n foto probeer vasvang. Daar was diegene wat gesê het dat dit oranje vertoon oor die reuse veldbrande wat rondom volmaan in die gebied voorgekom het.

Laurette van der Vyver, wat die volmaan op 14 Oktober op die plaas Tweefontein, Bapsfontein afgeneem het, vertel dat dit ‘n ‘Jagtersmaan’ genoem word.


Die ‘Jagtersmaan’ hang oor Bapsfontein-distrik

Die Oktober-volmaan, wat ook ‘Bloedmaan’ genoem word, het sy naam in die noordelike halfrond gekry en het histories onder Wes-Europeërs en inheemse Amerikaanse stamme ‘n belangrike feesdag aangedui omdat dit glo die beste tyd was om te gaan jag.

 

© 2019 Die/The Bronberger