Elsabé Maré
’n Italiaanse kunstenaar is met die
Tweede Wêreldoorlog krygsgevangene
geneem en het jare
by die Zonderwater Krygsgevangenekamp
net buite Cullinan deurgebring.Dié kunstenaar het oor die
laaste 60 jaar beroemd geword en
word nou, in sy 94ste jaar, vereer.
Eduardo Villa is in 1949 uit die Zonderwater
Krygsgevangenekamp
ontslaan en, in plaas daarvan om
terug te keer na Italië, het hy gekies
om in Johannesburg aan te bly. So
het hy oor die jare 35 solo-uitstallings
gehou en vanjaar het die Universiteit
van Pretoria besluit om sy
36ste solo uitstalling ter ere van
Eduardo en sy vroeëre werk aan te
bied.
 Eduardo Villa in April 1960 by sy
huis naby Johannesburg
Foto: Grey Villet
In Junie is dertig van sy vroeëre
werke by die Eduardo Villa-museum
in die Ou Merensky Biblioteek op
die universiteit se hoofkampus uitgestal.
Die werke fokus op die tydperk van
1944 tot 1945, die jare van sy krygsgevangeneskap
in die Zonderwaterkamp,
tot die jaar wat hy vrygelaat
is in 1949. Onder andere is daar ’n
borsbeeld wat hy van homself gemaak
het, en die een van kolonel HF
Prinsloo, kamp-kommandant van die
Italiaanse krygsgevangenekamp.
Kolonel Prinsloo is vereer vir sy insig
in menslike gedrag. Sy positiewe
bestuur het die gevangenes se
lewensomstandighede drasties verbeter.
’n Gedeelte van die Italiaanse
Krygsgevangene Museum by Zonderwater
is aan hom gewy. Hier
neem die borsbeeld, wat nou op
bruikleen by die Universiteit van
Pretoria is, ’n ereplek in.

Die Eduardo Villa Museum op die kampus van die Universiteit van
Pretoria |

Die Italiaanse Krygsgevangene Museum by Zonderwater buite Cullinan |
Vry
Na Eduardo se vrylating uit die
krygsgevangenekamp het die
Lupini-familie, van die Terrazzo
Fabriek in Louis Bothalaan,
Johannesburg, hom gevra om drie
panele te maak vir hul fabriek.
Die kunswerk is later geskenk aan
die Universiteit van Pretoria en
staan voor die Ou Merensky Biblioteek.
Die beeld toon die broers
Guiseppe en Luigi Lupini.
Een van Eduardo se eerste abstrakte
figure, die ‘Sitting Figure’ buite die
Ou Merensky Biblioteek, is aggressief
tog humoristies, verwelkom jou,
maar is ook sinister en goed geplaas
in die stedelike omgewing. Dit bring
die fokus na die broosheid van die
natuur en die aanslag wat vooruitgang
op die ruimtelike omgewing
maak.
Eduardo se kuns is ook op die kampus
van die Universiteit van Johannesburg
te sien waar heldergekleurde
pype ’n sensuele ballet uitvoer.

?n Karikatuur
wat Bernini
van
Eduardo
en ander
krygsgevangenes
gemaak
het |

?n Karikatuur
wat Bernini
van
Eduardo
en ander
krygsgevangenes
gemaak
het |
Gulhartig
’n Oud-kunsstudent vertel dat hulle
destyds ’n besigtigingstoer na
verskeie ateljees en museums in
Johannesburg onderneem het en
dat die gulhartige ontvangs van
Eduardo Villa haar altyd sal bybly.
Hy was toe al ’n bekende kunstenaar,
maar was self daar en het ’n
koppie tee saam met hulle geniet en
saam gestap na die verskeie beelde
en figure in die groot tuin.
Eduardo se werk word deur kenners
as gedissiplineerd en eties korrek
beskou. En Eduardo se opinie
oor sy kuns: “To work is to live,’
sê hy.
 Die borsbeeld van kol Prinsloo
|