Eerste onderdak naellope-dag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 19 November 2019 14:30
Untitled Document

Die eerste ‘binnenshuise 60 m Naellope-dag vir skole in Suid-Afrika is op 16 Oktober in die Bronberg-gebied aangebied.

Die geleentheid is gereël deur Curro Hazeldean en WeBuyCars op hulle perseel op die hoek van Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en Bendeman Boulevard, Six Fountains.


Atlete in aksie
Foto: Skermgreep van wedren

Tien uitgesoekte laer- en tien hoërskole is het deelgeneem in ouderdomskategorieë van onder 10 tot onder 13, onder 14 tot onder 18, en atlete met Down-sindroom.


Deronne Meiring van Laerskool Witpoort het die onder tien-afdeling gewen
Foto: Verskaf

Die resultate vir die eerste vyf laerskole is as volg: Woodhill met 176 punte; Maragon met 170; Curro Hazeldean met 159; Witpoort met 149; en Rayton met 145.


Laerskool Witpoort se deelnemers, van links na regs, agter: Anja van Aardt; Chanel van Heyningen; Gustav Combrink; en Gunther Combrink. Middel: Fietca Joubert; Elise Cloete; Karla Roets; Michelle van den Heever; Deronne Meiring; Jonathan Bekker; Christiaan Franken; David Becker; en Nielen Jansen. Voor: Sonika Meyer; Zanica Grobler; en Ne-Reike Smith. Heel voor: Wiehan Grové;
en Christo Bester
Foto: Verskaf

Die hoërskole se resultate was: Curro Hazeldean met 173 punte; Woodhill met 167; Willowridge met 161; Jeugland met 161; en Maragon met 157.

Daar was kontantpryse vir leerlinge wat eerste, tweede en derde plek verower het. Die wen laer- en hoërskool het elk vir 12 maande ‘n bussie vir die skool se gebruik gekry.

 

© 2019 Die/The Bronberger