Lykswa op snelweg beroof PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 19 November 2019 14:26
Untitled Document

‘n Groep gewapende mans het ‘n lykswa en ‘n Toyota Quantum in die vroeë oggendure van
3 November op die N4-oos snelweg beroof.

Woordvoerder vir die Boschkopse polisiestasie, konstabel Yeroboam Mbatsane, sê dat klippe en skerp voorwerpe op die snelweg geplaas is om motoriste te dwing om stil te hou. Passasiers van die Quantum en die lykswa is die bosse in geneem en 23 selfone en R3 000 kontant is gesteel.

‘n Polisiepatrollie het gesien hoe die Quantum uit die bosse kom en het probeer om die voertuig voor te keer. Die verdagtes het op die polisie begin skiet en daar is terug geskiet. Niemand is beseer nie.

Die verdagtes het weggekom en het die voertuig in Skierlik agtergelaat. ‘n Saak van gewapende roof is oopgemaak.

 

© 2019 Die/The Bronberger