Langsame brugbouery PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 July 2009 23:10
Untitled Document

’n Paar weke gelede het ’n kontrakteur van Kungwini met groot fanfare by die drif oor die spruit by Hendrik Ver Loren van Themaat se druiweplaas opgedaag.

Die bestaande bruggie is afgebreek, diep slote is met baie ou masjienerie gemaak, ’n ompad is gelê en ‘detour’-bordjies is opgesit, ’n konstruksiehuisie, chemiese kleinhuisie en ’n reënmeter is staangemaak en toe verdwyn die konstruksiespan van die toneel af

.

Vir drie weke was daar geen beweging nie en toe word beton duikslote (culverts) afgelaai en laat staan.

Die mense wat gereeld die pad deur die drif gebruik hou duimvas dat Kungwini dié keer iets kan klaarmaak wat hy begin het. En as dit nie voor die eerste reëns gebeur nie kan jy jou maar regmaak vir ’n groot gemors, sê hulle.

 

© 2019 Die/The Bronberger