Drie snelweg-kapings op een aand PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 19 November 2019 14:24
Untitled Document

Daar was drie identiese kapings op een aand op die N4-oos snelweg. Volgens ‘n Bronkhorstspruitse veiligheidsgroep was dié kapings op 16 Oktober tussen 7 nm en middernag op die snelweg tussen die Rayton/Cullinan-pad (R515) en die Ekandustria-pad (R513).

In drie aparte voorvalle is drie Toyota Hilux GD6 voertuie gekaap. Die bestuurders is van die pad afgetrek deur ‘n wit Golf GTI met blou ligte, wat vier gewapende insittendes gehad het.

Drie van die insittendes het uitgeklim. Twee van hulle het wit hemde gedra en die derde het die uniform van ‘n metro-verkeersbeampte aangehad. Die kapers het die bestuurders met ‘n vuurwapen gedwing om agter in die voertuig te klim en het hulle plat gehou tot hulle ‘n spesifieke samekomspunt wes van Bronkhorstspruit bereik het.

Daar het ‘n span gewag om die opsporing-toerusting uit die drie voertuie te verwyder. Die gekaapte bestuurders is vasgebind en eers toe al drie gekaapte voertuie die toneel verlaat het, kon hulle loskom en hulp kry. Die kapers is met hulle bankkaarte en geheime kodenommers daar weg. Hulle het met die R25 in die rigting van Bapsfontein gery. Die slagoffers het nie fisiese beserings opgedoen nie.

Volgens die veiligheidsgroep moet jy ‘n oproep maak as jy vermoed dat jy in die moeilikheid is en jou ligging gee, selfs al sit jy die foon daarna op die sitplek neer. Hou die oproep so lank as moontlik aan die gang, sê hulle.

 

© 2019 Die/The Bronberger