Slaan munt uit Kersuitgawe PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 19 November 2019 14:21
Untitled Document

Die plan is om ‘n baie spesiale Kersuitgawe van Die Bronberger reeds in die eerste week van Desember die lig te laat sien.

Ons sien met geesdrif weer uit daarna om interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, met die klem op Kersfees en die feesseisoen, in die Bronnie se Kersuitgawe op te dis.

Dit word beoog om reeds op 4 Desember met die verspreiding van ons Kers- en vakansie-uitgawe te begin. Soos gebruiklik verskyn Januarie se Bronnie eers laat in die maand. Dit bied aan adverteerders die geleentheid van blootstelling in die uitgawe met die langste rak- en leeslewe van die jaar.

Adverteerders kan veral ook uit dié Kersuitgawe munt slaan, omdat dit goed voor die inkopie-stormloop reeds jou dienste en ware onder ons derduisende lesers se aandag sal bring.

Die verlede het geleer dat die Bronnie se Kersuitgawes telkens baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Die spertyd vir plekbespreking is op 26 November.

Adverteerders en lesers word genooi om van die geleentheid gebruik te maak om hulle Kers- en Nuwejaarswense en spesiale aanbiedinge oor die vakansieseisoen in ‘n advertensie of in ‘n lesersbrief of -bydrae in dié uitsonderlike uitgawe oor te dra.

Omdat ons in lesers se huise gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in hulle advertensies oor te dra en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat deur die jaar geniet is.

Moenie die kans verspeel om deel te kan wees van 2019 se baie besonderse laaste uitgawe nie. Ons hoor graag van lesers wat interessante Kersfees- en vakansiestories het en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers kan gerus ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ‘n briefie in die Bronnie oordra. Stuur jou brief per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 082-377-6807 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Vir Bronkhorstspruit, Cullinan en Rayton kontak Hannes by 072-992-5440. E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger