Oorweldigende reaksie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 19 November 2019 14:19
Untitled Document

Dr Ernie Jacobson van Lynnwoodrif skryf:
Ek raas met my apteker as ek nie ’n Bronberger in die hande kry nie. Dis ’n puik blad.

Ek skryf egter na aanleiding van ’n berig op bl 25 onder toeka-stories in die September 2019 uitgawe oor die boemelaar, Paul Moes.

Daar was in die tyd toe die Normaalkollege in Sunnyside was, ’n storie oor so ’n ongure(gure?) karakter, Moes, wat die dames geteister het.

Ek het toe ’n foto van die berig op die NKP se facebook-blad geplaas en gespekuleer dat dit dalk die oorsprong van die storie is.

Daar was oorweldigende reaksie op die plasing en nou vra die dames meer inligting of die volledige storie. Is daar meer as net die beriggie? Ek verneem graag.

Ons het Ernie laat weet dat Ou Moes se volledige verhaal een van die stories is wat ons vertel in ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, die koffietafelboek wat Die Bronberger uitgegee het. Daar is nog van dié boeke beskikbaar. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Ou Moes is egter reeds op 3 Augustus 1921 oorlede.  – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger