Nuwe buurtwag op Welbekend gestig PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 11:04
Untitled Document

’n Nuwe buurtwag is op 21 September in die Welbekend-distrik gestig. Die buurtwag vorm deel van die burgerregteorganisasie AfriForum se Moreletapark-tak en is deel van drie ander AfriForum-buurtwagte in die gebied.

Die buurtwagbestuur bestaan uit voorsitter, Sunette du Toit, en koördineerder, Vic Benade.


Sunette du Toit, voorsitter, en Vic Benade, koördineerder
Foto: AfriForum

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineer­der vir Groter Pretoria, sê dat dié buurtwag die gemeenskap in tye van nood in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies gaan bystaan.

Die gemeenskap word uitgenooi om by die buurtwag in te skakel. Vir meer inligting, SMS “Buurtwag” na 45341.

 

© 2019 Die/The Bronberger