Skilderye van leserslens-foto’s gemaak PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 October 2019 10:58
Untitled Document

Anthony Coutinho van Nestpark, Bapsfontein wys graag hoe die twee skilderye, wat hy van die Bronnie se leserslensfoto’s gemaak het, lyk.


Gene de Lange se oorspronklike foto

Anthony se skildery van Gene se foto

In Augustus het ons berig dat Anthony toestemming gevra het om twee foto’s wat in April se leserslens-rubriek verskyn het te skilder: Die ‘struisvogel’ foto deur Gene de Lange en Eus de Clerk se sonsondergang.


Eus de Clerk se oorspronklike foto

Anthony se skildery van Eus se foto

Gene en Eus het hulle toestemming gegee en Gene het gesê dit is nogal skaars dat iemand so ordentlik is om die vraag op skrif te stel. Hy het gesê dat Anthony ’n handeklap verdien.

 

© 2019 Die/The Bronberger