Pastoor vir R10 vermoor PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 10:55
Untitled Document

David Jika, ‘n Lesotho-gebaseerde pastoor van Christian Revival Church (CRC), is in die vroeë oggendure van Vrydag 27 September by ‘n gastehuis in die Silver Lakes-omgewing doodgeskiet.

Woordvoerder van die Boschkopse polisiestasie, konstabel Yeroboam Mbatsane, het gesê dat die 46-jarige pastoor en sy vrou Lizzy in die kamer geslaap het toe ’n groep mans die deur oop gedwing het en verskeie skote afgevuur het.

Lizzy is nie raakgeskiet nie en die inbrekers wou kontant by haar hê voor hulle haar handsak en die selfone gesteel het. Sy het net R10 aan haar gehad.


Pastoor David Jika
Foto: Facebook

Hulle het Lizzy daarna saam met haar oorlede man in die kamer toegesluit. Sy is deur sekuriteitswagte, wat haar om hulp hoor roep het, gered.

David was ‘n pastoor in Maseru en het saam met Lizzy, hulle jongste seun en sy persoonlike assistent Suid-Afrika toe gekom vir die CRC se Droomweek in Bloemfontein, wat van die Dinsdag tot Donderdag was. Daarna sou hy ‘n konferensie op die Vrydag in Pretoria bywoon.

Die polisie ondersoek ‘n saak van roof en moord.

 

© 2019 Die/The Bronberger