Hoeveel mense weet dat
Pretoria ook ’n weggeemuur
het? Ons muur is presies
net soos dié in flieks waar
weggooi-babas in die middel van
die nag gelos word. Niemand
weet wie se baba dit is nie en niemand
weet wie die baba daar
neergesit het nie.
Jong ongehude moeders wat nie
hul babas wil hê nie kom van
dwarsoor die land na ’n buiteskuifdeurtjie
in die muurheining
van ’n tehuis in Sunnyside. Hulle
skuif die deurtjie oop, sit die baba
op die rooi kussing, skuif die
deurtjie toe en stap weg.
’n Sensorliggie wat in die huismoeder
se kantoor flikker, is die
enigste aanduiding dat daar
moontlik nog ’n weggooi-baba is.
Nege sulke weggooibabas word
op die oomblik deur weldoeners,
ver weg van die tehuis, versorg.
 ATKV jeugleiers by die weggeemuur, van links na regs: Evelyn Theunissen, Cornelia Havenga, Trudie
Theunissen, klein Madelyn, Illana van Rooyen en Eva du Plessis
Op Jeugdag in Junie het Afrikaanse
Taal en Kultuur Vereniging
jeugleiers dié babas by die weldoeners
gaan besoek, babakleertjies,
-kos en -geskenkies uitgedeel.
Hulle het ook die 25 tehuisinwoners
besoek, gesels en moed
ingepraat en daarna het die jeugleiers
minderbevoorregte kinders
met verversings, drinkgoed en ’n
Haas Das-vertoning by die Performerteater
in Pretoria-Oos trakteer.
Vir meer inligting, bel vir Sakkie
Kotze by 082-925-1488. |