Nog ‘n blink, blou bielie gekry PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 10:52
Untitled Document

Cullinan-diamantmyn het op 23 September ‘n blou diamant van 20.08 karaat opgelewer. Eienaars, Petra Diamonds, het berig dat die diamant ‘n tipe llb steen is, een van die raarste en waardevolste diamante in die wêreld.

Die wêreld se bekendste diamant, die 3106.75 karaat diamant wat deel van die Britse kroonjuwele geword het, is in 1905 by die myn gevind.


Die 20.08 karaat blou diamant
Foto: Petra Diamonds

Petra Diamonds het die Cullinanmyn in 2008 gekoop. In 2015 het Petra die “Blue Moon of Josephine”, ‘n 29.6 karaat blou diamant vir $48.5 miljoen verkoop. In April vanjaar het Petra ‘n 424.89 karaat, buitengewone D-kleur tipe IIa in die Cullinanmyn gevind. Dié steen is die volgende maand vir net minder as $15 miljoen verkoop.

 

© 2019 Die/The Bronberger