Onbaatsugtige vuurvegters in aksie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 10:51
Untitled Document

Die brandseisoen in die landelike omgewing van die Bronberg-gebied het vanjaar weer vir groot skade gesorg. Vir baie van die inwoners het die baklei teen verwoestende veldbrande al ‘n noodsaaklike lewenswyse geword. 


Rudi Britz span alles in om die brandgevaar in toom te help kry
.

Die fokus is op Derick Crous met die spuitkop in die hand met ‘n haastige Lourens Viljoen in die voorgrond

Met ‘n wegholbrand teen die einde van September in Tierpoort was ‘n aantal plaaslike vuurvegters weer op hulle pos. Gene de Lange het sy kamera byderhand gehad om dié treffende foto’s van die onbaatsugtige brandbestryders te neem.


Jacobus Pieterse trotseer die verstikkende rook
.
.

Verskroeide aarde . . .  ‘n Vuurvegter staan nader met ‘n emmer water om gloeiende kole te blus

Wilse Mare (snr) beduie wat gedoen moet word om die naderende vuurgevaar in toom te hou

Handlangers staan Wilse Mare (jnr) by om sy rugspuit weer vol te kry

Twee manne besin oor hulle volgende plan van aksie
 

© 2019 Die/The Bronberger