Hoofpynhoek se rommelhoop groei PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 10:48
Untitled Document

‘Hoofpynhoek’ is die naam wat Jacqui Uys, raadslid vir wyk 85, aan die kruising van Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en Lynnwoodweg gegee het. Vragmotors stort op ‘n daaglikse basis rommel op dié hoek in Equestria.

Jacqui sê dat dié rommelhoop daagliks groter word en dat dit nie net meer bourommel is wat daar afgelaai word nie. Sy vra inwoners om selfoonfoto’s of -videomateriaal te neem as hulle sien dat iemand daar rommel aflaai. Maak seker die voertuig se registrasienommer is op die foto sigbaar.


Die rommelhoop op die hoek van Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en Lynnwoodweg
Foto: Noxolo Sibiya

By die openbare vergadering wat op 2 Oktober met inwoners van wyk 85 en burgemeester Stevens Mokgalapa gehou is, is aangekondig dat beton-versperrings op hoofpynhoek aangebring gaan word, wat sal verhoed dat rommelverwyderingvragmotors onwettig daar kan parkeer. Daar is toe gesê dat die versperrings binne twee weke opgerig sou word.

Onwettige rommelstorting kan by die metropolisie se munisipale verordening-afdeling aangemeld word van Maandae tot Vrydae tussen 7.30 vm en 4 nm. Sluit ‘n beskrywing van die aard van die rommel, die plek waar dit afgelaai is, beskrywing van die voertuig en voertuigregistrasienommer in. Skakel 012-358-0070 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger