Gemeenskap teen misdaad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 September 2019 07:48
Untitled Document

Nege maande gelede is die proses begin om mense uit al die landelike sektore by die Cullinan SAPD en GPF te registreer as misdaadvoorkoming-patrolleerders onder die polisie se ‘Gemeenskap-in-Blou-strategie’.

Dit vorm ook die basis van die “force multipliers” soos omskryf in die polisie se nuwe landelike veiligheidstrategie. Dit behels die reaksie-lede wat reageer, na tonele opruk en aktief aan misdaadvoorkomingsaksies deelneem.


Hier word gedemonstreer hoe om ‘n dronk man, wat ‘n misdaadtoneel onwettig betree, vas te vat. Kaptein Van Rooyen, die speurhoof van Cullinan, het die rol van die aangeklamde gespeel.
Foto: Karen Yssel

Aan die einde van Augustus was die eerste opleidingsessie saam met die Cullinanse polisie en 60 geregistreerde lede uit sektor twee, drie en vier het opgedaag. Opleiding het wetlike vereistes behels asook misdaadtoneel-hantering, wat krities is.

Dit was volgens Karen Yssel van die Cullinanse GPF, ‘n positiewe en waardevolle dag. Karen het elkeen wat dit bygewoon het en bereid is om ‘n verskil te maak, bedank.

Dit word beplan om voor die einde van die jaar nog ‘n registrasie-aksie en opleidingsessie te doen.

 

© 2019 Die/The Bronberger