Ure se gespook om brande te keer PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 September 2019 09:48
Untitled Document

Wilde veldbrande het teen die einde van Augustus dele van Bashewa, die Erasmusplaas en Tierpoort geteister.


Honderde hektaar se weiding het in die Witpoort-gebied in die slag gebly

Volgens inwoners van die omgewing het dit ’n kwaai gespook afgegee om die brande te midde van sterk winde onder beheer te kry.


Deel van die brand soos van Bashewa se suide af gesien
Foto: Gene de Lange

Een van die vuurvegters, Jaco Jansen van Nieuwenhuizen, het al die mense wat gehelp het en vir Q4 wat die ‘waterkarre’ met hulle tenkwa vol gehou het, bedank. Sonder hulle hulp sou die brand nie gekeer kon word nie, het Jaco gesê.

~*~

Groot skade is op 13 September in die Welbekend/Witpoort-gebied deur wegholbrande veroorsaak. Mense het deurnag gespook om die brande onder beheer te bring en baie weiding en geboue het in die slag gebly.


’n Skermgreep van die brand op die Erasmusplaas soos deur Nadine Bennet afgeneem

Die volgende oggend reeds is skenkings van grasbale by mense wat geen weiding oor gehad het nie, afgelaai. 


Geboue is in die Witpoort-gebied afgebrand

 

© 2019 Die/The Bronberger