Polisielid by sy huis deur venster geskiet PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 September 2019 09:45
Untitled Document

Johan Riekert is in die vroeë oggendure van 27 Augustus gewond toe aanvallers hom vier keer deur sy huis se vensters raakgeskiet het. Die voorval was op die Riekerts se kleinhoewe op De Wagensdrift in die Cullinan-distrik.

Die 48-jarige Johan, wat by die logistieke eenheid van die polisie in Silverton gestasioneer is, is ongeveer 2 vm deur die kombuisvenster geskiet. Hy het na die slaapkamer gehardloop waar hy weer deur ‘n venster geskiet is.

Drie aanvallers het verskeie skote afgevuur, maar hulle het nooit die huis binne gegaan nie. Johan is in die bors, deur die vinger, in die maag en in sy linkerarm geskiet.

 


Johan Riekert
Foto: Facebook

André van Heerden, voorsitter van Cullinan se sektor twee-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gesê dat Johan vir sy vrou Adri geskree het om die polisie en ambulans te ontbied. Bure het die skote gehoor en het dit op die gemeenskap se WhatsApp-groep aangemeld. Daarna het die GPF en ’n plaaslike sekerheidsmaatskappy hulle na die toneel gehaas.

André het gesê dat die polisie vinnig reageer het en dat die honde-eenheid en forensiese afdeling ook op die toneel was.

Johan het baie bloed verloor en is eers na die Montana-hospitaal geneem, waarna hy na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer is.

Polisiewoordvoerder, brig Vishnu Naidoo het gesê dat die Valke die voorval ondersoek.

 

© 2019 Die/The Bronberger