Vermeende inbreker doodgeskiet PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 September 2019 09:44
Untitled Document

‘n Zwavelpoortse inwoner het ‘n vermeende inbreker op 18 Augustus in sy huis op die gesin se hoewe doodgeskiet. ‘n Saak van moord is teen die inwoner oopgemaak.

Die 52-jarige man het agtergekom dat een van die vensters gebreek is, toe hy saam met sy verloofde en 13-jarige dogter by die huis aangekom het. Kort daarná het hy gehoor hoe sy dogter op die boonste verdieping gil.

Hy het dadelik sy pistool gekry en teen die trappe op gehardloop. Op pad het hy in ‘n onbekende man vas gehardloop. ‘n Geveg het uitgebreek en die vermeende inbreker het ‘n stuk hout gegryp om die huiseienaar mee aan te val.

In die geveg het die huiseienaar ‘n skoot afgevuur. Die verdagte het probeer ontsnap, maar het in die hoof slaapkamer aan sy beserings ontkom.

Boschkop-Polisiestasie se woordvoerder, Yeroboam Mbatsane, sê dat ‘n saak van moord oopgemaak is. Teen die Bronnie se saktyd was daar nog geen inhegtenisname nie en die ondersoek duur voort.

 

© 2019 Die/The Bronberger