Baklei vir inheemse bome PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 25 September 2019 07:41
Untitled Document

Vriende van Moreletakloof Natuurreservaat het 29 Augustus die dag gemaak waarop hulle vir inheemse bome baklei het. Hulle het indringer-bome in die reservaat met kettingsae uitgeroei en dit alles teen ‘n baie steil helling aan Rutgersstraat se kant.


Indringer-bome is uitgeroei
Foto: Verskaf

‘Bossie-tannies’ Rouxne, Dina en Jeannie het saam met Jan Matseke en Ernst Pako gewerk en het die oorblywende boomstompe ná die tyd blou geverf. Hulle sê dat dit ‘n geweldige sin vir balans teen die steilte geverg het.

Erika Lottering, Piet Alberts en Marie en Terry Brown het R1 250 geskenk om die dag moontlik te maak.

 

© 2019 Die/The Bronberger