Saskia sweef deur danskompetisie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:32
Untitled Document

Saskia Wright van Hoërskool Garsfontein het onlangs drie goue medaljes en een silwer medalje by die Talent America danskompetisie in New York gewen.


Saskia Wright
Foto: Verskaf

Die 18-jarige Saskia dans reeds die afgelope 15 jaar en het gekwalifiseer om deel te neem aan klopdanse, klopdans-duette, moderne dans en kontemporêre dans.

Saskia wil ‘n arbeidsterapeut word en droom om eendag haar eie dansateljee te hê waar sy kinders kan help om hulle drome te laat waar word.

 

© 2019 Die/The Bronberger