Plaaslike seun word Springbok-gelukbringer PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:31
Untitled Document

‘n Graad sewe leerling van Woodhill College is gekies as ambassadeur van die Springbok Rugbyspan vir die 2019 Rugby Wêreldbeker in Japan. Milane Pikade gaan die Springbokke as gelukbringer op die veld lei in die wedstryd teen Nieu Zeeland.


Milane Pikade en Jean de Villiers, voormalige Springbokkaptein

Milane is uit 60 deelnemers gekies as deel van Land Rover Suid-Afrika se veldtog om die perfekte gelukbringer te vind. Land Rover, die Springbok rugbyspan se borg, het in-diepte onderhoude by Woodhill College en omliggende skole gehou.

Jean de Villiers, voormalige Springbokkaptein, het Milane se huis besoek om te vertel dat hy as gelukbringer gekies is. Milane en sy ma het die week voor die Wêreldbeker na Japan gevlieg.

 

© 2019 Die/The Bronberger