Fondse word vir Steyn ingesamel PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:28
Untitled Document

Fondsinsamelings word gereël om te help met duur prosteses en mediese behandeling vir Steyn Steenberg van Boschkop.

Die 16-jarige Steyn is in Mei baie ernstig in ‘n motorfietsongeluk naby Kitty Hawk beseer en het sy been verloor. Hy is in Julie terug skool toe met ‘n tydelike prostese tot hy sy eie permanente prostetiese been kan kry.


Steyn Steenberg, middel, saam met Anna Davel en Pierre Breytenbach, die twee hoofakteurs in die musiekblyspel, ‘Helder’, by NG Kerk Tygerpoort se gemeentefees op 23 Augustus
Foto: Steyn se Storie

Dié been sal na raming R250 000 kos en hy moet ook sigbehandeling in Duitsland kry vir R300 000. Slytasie aan ‘n prostetiese been moet jaarliks herstel word en dit word beraam dat die koste vir 2020 R110 000 gaan beloop. Die been gaan in 2021 vervang moet word teen R250 000.

Die NG Gemeente Tygerpoort hou ook ‘n fondsinsameling vir Steyn en diegene wat wil bydra kan dit as volg doen: NG Tygerpoort Hulpfonds; ABSA; spaarrekening: 9231625698; takkode: 632005; verwysing: Steyn Steenberg. ‘n Betalingsrekord kan gestuur word na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger