Boer Damian durf werklikheidsreeks aan PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:25
Untitled Document

Damian Engelbrecht van Bashewa is die heel eerste boer wat ‘n man soek in die kykNET-werklikheidsreeks, ‘Boer soek ‘n Vrou’, wat in Oktober gaan begin.

Die name van die tien boere wat vanjaar in die 12de reeks van dié program gaan wees, is in Mei bekendgemaak. Sangeres en aktrise Leah is weer die aanbieder en kykers gaan in Oktober die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, se ervarings dophou.


Damian Engelbrecht
Foto: Verskaf

Vyf boere is van die Wes-Kaap, twee elk van die Oos-Kaap en Noord-Kaap, en een van Bashewa.

Nege van dié boere is op soek na vroulike pasmaats, terwyl Damian die eerste boer in die program se geskiedenis is wat na ‘n manlike pasmaat soek.

Die 37-jarige Damian, wat homself leer klavier speel het, boer met beeste en skape en is op soek na iemand wat sy liefde vir die plaaslewe deel.

 

© 2019 Die/The Bronberger