Baie geluk Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 25 September 2019 07:16
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Baie geluk aan die Bronnie met nog ’n verjaarsdag en baie dankie vir al die interessante nuus, gebeure, foto’s en advertensies wat elke maand deel kan vorm van ons huishouding.

Danelle Du Plessis Roeland skryf uit Duitsland:
Baie geluk met Die Bronberger se verjaarsdag.

Deon van Rensburg van Mooiplaats skryf:
Oor die Bronnie se 17e verjaardag: Ongelooflik! Baaaaie geluk.

Emma Koekemoer van Rayton skryf:
Geluk met die verjaarsdag. Ons woon al van 1983 af in Rayton en die Bronnie is al vir baie jare deel van ons.

Eus de Clerk van Cullinan skryf:
Baie geluk met julle 17de verjaarsdag en sterkte vorentoe.

Gnatius de Lange van Bashewa skryf:
Geluk met julle 17 jaar. Mag julle die bedryf nog vir baie jare volhou.

Gwendoline Visagie van Kemptonpark skryf:
Veels geluk aan die Bronnie met jou 17de verjaardag. Doe so voort!

Kat en Terry Behrens van Vaalbank skryf:
Liewe Gerhard en Angie – dankie vir Die Bronberger. Dié tydskrif het soveel deure oopgemaak. Baie geluk met julle 17e jaar van Die Bronberger.

Lilla du Preez van die Bronberg-gebied skryf:
Geluk met die Bronnie se verjaardag! Sterkte met die uitgawe.

Marti-Louise du Plessis van Pretoria skryf:
Baie geluk met ’n hele 17 jaar van die Bronnie. Met die heel eerste verjaarsdag van Die Bronberger was dit ook die eerste en enigste keer wat ek op ’n voorblad verskyn het! Weereens baie geluk met die verjaardag.

Petro Kotze van die Bronberg-gebied skryf:
Baie geluk aan Gerhard, Angie en die span met die Bronnie se 17de verjaarsdag!

Stersia Botha van Mooikloof skryf:
Liewe Gerhard en Angie en span: Baie, baie geluk met julle pragtige en smaakvolle tydskrif! Dankie dat julle ook ons oë en ore is in ons omgewing. Mag julle van krag tot krag gaan.

Untitled Document
 

© 2019 Die/The Bronberger