Baat by die Bronnie se 17 jaar PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 19 August 2019 19:07
Untitled Document

Maak jou gereed vir ‘n baie spesiale uitgawe van Die Bronberger in September! Die Bronnie word ‘n stewige 17 jaar oud en ons wil dit saam met ons lesers en adverteerders vier met ‘n verjaarsdag-uitgawe wat beloof om alle voriges te oortref.

Al ons gewaardeerde adverteerders en lesers word hartlik genooi om deel te wees van dié besonderse Bronnie. Ons vergroot die oplaag, soos in die verlede, wat beteken dat jou advertensie in dié herdenkingsuitgawe ‘n groter aantal lesers en daarby ook lesers wat moontlik die eerste keer met dié gewilde gemeenskapstydskrif kennis maak, sal bereik.

Ons sal bydraes en briewe van ons getroue lesers in September se uithang-uitgawe met waardering verwelkom.

Deur die jare is ons verjaarsdag-uitgawes in September telkens met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun. Dit is reeds duidelik dat hierdie jaar geen uitsondering gaan wees nie. Ons is gereed om ‘n buitengewone versamelaarsitem beskikbaar te stel wat vir waardevolle en volgehoue blootstelling van die advertensie- en redaksionele inhoud sal sorg.

Ons voel ons trots daarop en baie dankbaar daarvoor dat Die Bronberger, as onafhanklike publikasie, nou reeds sy 17e bestaansjaar binnebeweeg. Ons is dankbaar vir die deurlopende ondersteuning van ons adverteerders en vir die ongekende meelewing van die gemeenskap van ons gebied.

Om ‘n glanstydskrif binne ‘n geslote gemeenskap, sonder die rugsteuning van enige groot korporatiewe- of ander organisasie uit te gee en oor ‘n tydperk van 17 jaar stewig te bly staan, wil gedoen wees.

Die Bronnie se mense wil almal wat in die laaste 17 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaarsdag saam met ons te vier deur ‘n advertensie in September se bielie-uitgawe te plaas. Gereelde adverteerders kan dit gerus oorweeg om voluit te gaan – dalk met ‘n groter advertensie. Vir diegene wat net soms of sporadies adverteer, is September se gedenkuitgawe dié een waarin jou onderneming gesien wil word.

En as jy nog nooit in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om te ervaar wat dié gewilde gemeenskapstydskrif vir jou kan beteken. Jou advertensie gaan in ‘n versamelstuk verskyn wat vir blootstelling oor maande en selfs jare heen sal sorg.

Bespreek nou jou plek;
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger