Klere en komberse benodig PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 July 2009 22:39
Untitled Document

Petro Lemmer van Pienaarspoort skryf:
’n Huis op ’n plot in Pienaarspoort het met al sy inhoud op Sondagoggend 28 Junie totaal afgebrand. Baie bure was daar om te help. Ek het nog nooit so ’n oorweldigende reaksie op ’n noodroep ervaar nie – baie dankie.

Die eienaar van die huis is Dawie van Heerden, maar hy het die huis aan ’n vervoerkontrakteur verhuur, wat sy werksmense daar laat woon het.

Die mense wat daar gewoon het is baie arm - die man is ’n trokdrywer en sy vrou werk in die kantoor. Hulle het ses kinders: Babas (tweeling) van omtrent 15 maande tot twee jaar, daar is ’n seuntjie van vier of vyf jaar oud, ’n dogtertjie van vyf of ses en nog twee ander klein kinders onder ses.

Hulle het alles in die brand verloor, van klere en komberse tot selfoonlaaiers. Hul baas, ’n vervoerkontrakteur, het vir hulle ’n huis in Silverton gehuur en beddens voorsien, maar hulle kort komberse, klere, kos, alles wat ’n mens in hierdie bitter koue nodig het.

Sien lesers dalk kans om te help? Enige ou klere is nodig. Die baas het vir die man van sy klere gegee maar die vrou het niks. Ek skat sy dra nr 36-38. Warm klere vir die kinders is welkom.

As lesers in staat is om te help, sal ek met Willie Towsen van Avondzon kafee reël dat hul die goed ontvang, of anders kan mense my bel by 083-321-4605 en dan kan ons reël hoe en waar om die goed in ontvangs te neem.

 

© 2019 Die/The Bronberger