Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 19 August 2019 20:52
Untitled Document


Die Gauteng-Noord se Simmentaler Klub hou op Saterdag, 31 Augustus ’n veiling by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Dertig bulle en 25 vroulike diere gaan opgeveil word. Vir volledige besonderhede, besoek www.bkb.co.za. Vir navrae bel Hein Engelbrecht by 076-862-0797, Hannes Hugo by 082-823-7631 of Moolman Mentz by 083-229-2500.

~*~


The Appetite Fest is at Time Square, 209 Aramist Ave, Waterkloof Glen from 13 to 15 September. The cast of culinary artistes range from Gary Mehigan, George Calombaris and Matt Preston to Shannon Bennett and Sashi Cheliah of MasterChef Australia. Food enthusiasts can actively cook alongside celebrity chefs in workshops. In the Sun Arena, there will be a wide range of exhibitors including craft brewers and distillers, artisan food producers, premium drink brands and award-winning wineries. Visitors can also watch chefs show-off their culinary prowess in food theatres and be part of interactive question and answer sessions. Outside, gourmet food trucks will serve a diversity of exciting street food, while comedians, DJs and bands will keep visitors entertained. There will also be themed zones for women, guys and a secure KidsZone. Tickets are available at Computicket. Phone them at 086-084-6377.

~*~


Fijnwyn Innie Lente word op 21 en 22 September van 10 vm tot 5 nm op ‘n werkende plaas op Tierpoort in ‘n plantasie van 500 pekanneut- en 200 amandelbome gehou. Kaartjies kos R170 vir volwassenes, wat wynproe en ‘n wynglas insluit. Buiten die wynproe van 40 verskillende wynlandgoedere is daar ook ‘n groot verskeidenheid deli-soort koskraampies, musiekoptredes, pret vir kinders en veilige parkering. Daar is beperkte kaartjies by die hek. Kaartjies is vooraf te koop by www.itickets.co.za. Bel Charmaine: 082-335-5659, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.fijnwyn.co.za. Shokran is op plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort.

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 31 Augustus van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


‘Speak Eezy Jazz’ is the name of the jazz session held at Lagom Cafe and Theatre Bistro on
28 August from 8 pm. There is a R130 cover charge. The venue is at Ridge Square On Lynnwood on the corner of Lynnwood Road and Albeth Street, The Willows. Phone them at 083-420-3259 or 083-281-7284.

~*~


Die Cullinan Bierfees is op 31 Augustus van 10 vm tot 8 nm by Cullinan Junction in Hotelstraat 4. Andriëtte en The Suits is van die kunstenaars wat gaan optree. Besoekers kan uitsien na koskraampies en vermaak in biertente. Kaartjies kos R165 en sluit toegang tot die fees en ‘n bierglas in. Kinders onder 12 kan gratis ingaan. Koop jou kaartjies by www.eventsandco.co.za. Stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of bel Renier: 072-816-5241.

~*~


Gaan dans lekker saam op musiek van die 60s, 70’s en 80’s in ‘n Retro Rave ter ondersteuning van Kinderwelsyn Tshwane (voorheen Pretoria Kinder- en Gesinsorgvereniging) op 5 Oktober vanaf 6.30 nm. Ontmoet bekende omroepers van LM Radio en dans die vloer aan die brand met musiek verskaf deur Barney Armstrong. Koste is R500 per persoon, wat ook ‘n heerlike driegangmaaltyd insluit. Die Retro Rave is by Utopia Place, Lynnwoodweg, Equestria. Bel Hanlie by 012-460-9236 or stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Move presents a Youth Carnival on 31 August from 8 am until late at the Cullinan Sport Fields for all community members. Entrance is R50 per adult and children under 12 enter for free. For more information contact Vincent at 082-572-3971 or Kopano at 062-156-4428.

~*~


Proe’toria, die fees wat op proe fokus, is terug! Vanjaar se fees word op 31 Augustus met goeie kos, peuselhappies, boetiek-bier en -jenewer by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine gehou. Daar gaan meer as 100 kos- en -drankkraampies wees, asook ‘n verskeidenheid musikante en koskundiges op die verhoog en volop vermaak vir kinders. Koskenners gaan hulle geheime met die gehoor deel en wynlandgoedere van regoor die land gaan deelneem. Kunstenaars strek van Roan Ash, Demi Lee Moore, Touch of Class, Karlien van Jaarsveld, Georgetown, Corlea en Dewald Wasserfall tot Jemma, Joe Foster en Deevah. Kaartjies is by www.tixsa.co.za beskikbaar.

~*~


You are invited to the book launch of ‘A Broken Identity’ by Liza du Bruyn on 31 August at 5 pm at Zindagi / La Bella Donna, 624 Palm Street in Rietvlei View Country Estate. The book tells the true story of a young adopted girl in search of her biological parents. Blinded by what she found, she realised what she already had and life became something to live for. “Identity is not the blood that runs through your veins” is the message of this story. For more information, send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


‘Moedertaal’ is die volgende aflewering in Sandra Prinsloo se driekuns van eenvrou-produksies wat voorafgegaan is deur ‘Die Naaimasjien’ en ‘Oskar en die pienk tannie’. Dit word op 6 September om 8 nm by Atterbury-teater opgevoer. In ‘Moedertaal’ vertel Sandra ‘n gewone mens, Nellie, se eenvoudige verhaal. Dié rou en hartroerende reis deur die lewe is gevul met liefde, humor asook die tragiese verlies aan woorde wat met dementia gepaard gaan. Die regie, teks en musiek is deur Nico Scheepers. Kaartjies kos R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Steve Hofmeyr tree op 13 September op by Rafters. Geen kinders onder 18 jaar word toegelaat nie. Die deure maak 6.30 nm oop en die vertoning begin 9.15 nm. Kaartjies kos R200 en bespreking is noodsaaklik. Skakel 082-600-3469 of 071-610-2132. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof.

~*~


‘Comicon’ is die naam van Premiermyn Hervormde Kerk op Cullinan se basaar op 5 Oktober van
8 vm tot 3 nm. Daar gaan speletjies vir oud en jonk wees, sowel as vetkoek, pannekoek, skaapkerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg, gebak, groente, tombola, skyfskiet en ontbyt. Die Vrydagaand, 4 Oktober, is daar pap en kaiings. Bestel voor 2 Oktober. Bel vir Alta by 082-682-1252 of Dina by 082-410-6823.

~*~


Die premier van ‘About Time’, ‘n opvoering deur Corlea en Ruhan du Toit, is op 21 Augustus om
8 nm by Rockwood Teater. Kaartjies kos R150. Die teater is in Parkview Winkelsentrum op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark. Bespreek deur WhatsApp: 064-280-6082 of by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Rustica Classico MTB Challenge is on 31 August from 7 am at Cowhouse Market, Ridge Road, Hazeldean. The mountain bike distances include: 60 km at a R220 entry fee; 40 km at R170; and
20 km at R110. Late entries on the day will be R30 extra. Tickets are available from BoutTime Event Management and Time Keeping at www.bouttime.co.za. 

~*~


Die Vaalbank Kontreimark is op 14 September van 9 vm tot 3 nm by Slobs ‘n Snobs langs Wet Nose Dierereddingsentrum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Daar gaan kunsklasse wees en ‘n verskeidenheid van 30 kraampies uit die plaaslike gemeenskap. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


The next Vegan Food Fair is on 8 September from 9 am to 3 pm at Klitsgras Drumming Circle,
62 Leribisi Road, Tierpoort. Entry is free and visitors can look forward to pizza, burgers, milkshakes, vinyl, vintage clothing, cosmetics, fresh produce, music, interactive entertainment for children, jewellery, heirloom veg, saplings, coffee and baked goods. Phone them at 083-311-0025.

 

© 2019 Die/The Bronberger