Tegnologie ingespan vir veiligheid PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 19 August 2019 20:37
Untitled Document

Agri SA en Fidelity ADT het in Julie ’n inligtingsessie oor veiligheid by Cullinan se sportsentrum gehou. Die geleentheid is deur Agri Gauteng, TLU SA en die Cullinan-Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) gereël.

Agri SA en Fidelity ADT het hande gevat om verskeie veiligheidsoplossings op die tegnologieterrein, veiligheidsdienste en gespesialiseerde dienste te bied in ’n poging om die veiligheidsbedreiging te help afweer.


Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike
veiligheid by Agri SA
Foto’s: Agri SA

Karen Yssel, voorsitter Cullinan GPF
.

.

Karen Yssel, voorsitter van die Cullinan GPF het gesê dat die gemeenskap nou ’n veiligheidsontleding gaan doen om te bepaal hoe om dié tegnologie en dienste teen misdaad te gebruik.

“Ons as gemeenskap is opgewonde oor dit wat ons gehoor en gesien het en wat dit kan doen om ons veiligheid as gemeenskap en op ’n persoonlike vlak te verbeter.”

Dr Willem Pretorius, voorsitter van Agri Gauteng, het gesê dat elke gebied eiesoortig is en sy eie uitdagings oor plaasveiligheid het. “Daarom moet elke gebied ook sy eie handpas-plan uitwerk,” het hy gesê.


Hennie Venter, Agri Roodeplaat voorsitter

Dr André de Koning, ’n plaaslike boer

Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA, het op dié vergadering gesê dat die veiligheidsgenootskap tussen Agri SA en die sekuriteitsgroep, Fidelity ADT, slegs suksesvol kan wees as dit met die samewerking van boereverenigings, plaaswagte, provinsiale unies en plaaslike veiligheidsmaatskappye geskied.

Gary McKay, Fidelity ADT se kommersiële bedryfshoof, het gesê die maatskappy ruil misdaadinligting met die polisie, metropolisiedienste, Valke, Interpol en die nasionale vervolgingsgesag uit.

 

© 2019 Die/The Bronberger