Patrollie laat boewe se turf sit PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 19 August 2019 20:36
Untitled Document

Diewe met ‘n bakkie vol gesteelde goedere uit Tierpoort is in Julie vasgetrek. ‘n Reaksie-offisier van Echo-1 Sekuriteit was besig met ’n normale Sondagoggend-patrollie toe hy dié bakkie met ‘n verdagte vrag in Zwavelpoort gesien het.

Hy het die bakkie tot in Wapadrand agtervolg. Die bestuurder het erken dat hy besig was om gesteelde goedere aan te ry. Hy het die plek waar die goedere gesteel is, gaan uitwys. Dit was by ‘n konstruksiemaatskappy op Tierpoort.


Dié vrag is in Julie by ‘n konstruksiemaatskappy op Tierpoort gesteel
Foto’s: Echo-1 Security

‘n Saak is by die Welbekend-Polisiestasie oopgemaak en goeie samewerking met die Boschkop- en Welbekend-Polisiestasies het na die arrestasie van drie verdagtes gelei. Alle gesteelde goedere is terugbesorg.

Dié arrestasies volg op soortgelykes in Junie. In die vroeë oggendure van 15 Junie het ‘n Echo-1 Reaksie-voertuig ‘n verdagte wit bakkie in Donkerhoek begin agtervolg. Die sekuriteit-offisiere het gesien hoe die bakkie goedere langs die pad oplaai.


Gesteelde goedere wat in Junie op Donkerhoek gevind is

‘n Jaagtog is op tou gesit en is beëindig toe die verdagtes die bakkie van die pad af gery het en ‘n ongeluk gemaak het. Hulle het uit die bakkie geklim en na ‘n informele nedersetting gehardloop.

Konstabels van die Boschkop-Polisiestasie is uitgestuur en dit is bevind dat die bakkie met gesteelde goedere gelaai was. Die ondersoek het na ‘n vinnige skulderkenning en arrestasie gelei.

 

© 2019 Die/The Bronberger