Harte van goud PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 19 August 2019 18:24
Untitled Document

Delmarie Dorfling van Rayton skryf:
Ons wil graag net vir Johann van der Linde van ons gemeenskapsveiligheidsgroep sê baie dankie vir sy vinnige optrede onlangs met my skoonma tydens ons nood. My skoonma woon op Cullinan.

Jaco van Emer-g-med, jy was ook puik en dankie vir jou. My skoonma is na die hospitaal vir verdere toetse.

Johann se span kan regtig ’n goue medalje kry: Hulle was vinnig op die toneel. Hulle bel en vra hoe dit met die pasiënt gaan. Hierdie is mense met harte van goud. Baie dankie.

 

© 2019 Die/The Bronberger