Bloeiselvreugde PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 19 August 2019 18:24
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Die jaar spoed behoorlik by ons verby! Kan nie glo ons trek al in Augustus en die lente is op ons voorstoep nie!

Verlede jaar het my granaatboompie sy eerste drie bloeisels gehad wat hy tot my groot hartseer afgespeen het. Die boompie is nou besig om weer sy nuwe blaartjies uit te stoot en ek hou hom intens dop om te sien of hy weer blommetjies gaan kry en of hulle hierdie jaar ‘n vrug of twee gaan oplewer. 

Hoe wonderlik is die natuur net nie? Na die rus van die winter, loop daar splinternuwe blaartjies en bloeisels uit om die nuwe seisoen aan te kondig.

 

© 2019 Die/The Bronberger