Jou plaag is hulle kos PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 23 July 2019 09:24
Untitled Document

Het jy ‘n probleem met rotte in jou huis, skure of stoorkamers? Die Uil Reddingsentrum het rotte broodnodig. Hulle verskaf omgewingsvriendelike vanghokke dwarsoor Gauteng en kom haal die lewendige rotte by jou huis of sake-onderneming. Hulle vra net ‘n fooi om brandstofkostes te dek.

Die Uil Reddingsentrum is ‘n nie-vir-wins maatskappy op ‘n 12 000 hektaar grootte plaas naby Hartbeespoort. Die sentrum is gestig deur Brendan Murray, wat besef het dat uile spesifieke hulp nodig het en dat beseerde uile op ‘n veilige plek vrygelaat moet word ná hulle beserings behandel is.
Sy vrou, Danelle, is die mede-stigter en hulle werk as ‘n span saam met personeel, veeartse wat in voëls spesialiseer en vrywilligers in die sentrum en op die plaas waar die uile vrygelaat word.


Die vanghok vir rotte

Soos die uile gesond word, word hulle vanaf die kliniek geskuif na ‘n hok waar hulle tyd spandeer voor hulle vrygelaat word en dan na ‘n hok waar hulle kan kom en gaan soos hulle wil. Die vrylatingsproses word bepaal deur die soort uil en sy ouderdom.

Die uile word steeds gemonitor ná hulle vrygelaat is. Hulle mis word ontleed om te sien hoeveel van hulle voedsel uit verskafte voer bestaan en hoeveel uit prooi wat hulle self gevang het.


Brendan Murray met ‘n gevlekte ooruil
Foto’s: Verskaf

Dié is ‘n pro-lewe sentrum, wat beteken dat uile wat so erg beseer is dat hulle nooit vrygelaat kan word nie, in die sentrum mag aanbly. Sulke uile leef vrylik in ‘n beheerde omgewing en dié permanente inwoners word later as pleegouers in die baba-uil opvoedingsprogram gebruik.

Die rotvanghok-projek word deur Ari bedryf. Bel hom by 079-321-6384 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Vir meer inligting, besoek www.owlrescuecentre.org.za.

 

© 2019 Die/The Bronberger