Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 23 July 2019 09:23
Untitled Document


Wet Nose Animal Rescue Centre’s 20th birthday bash is on 27 July from 9 am to 5 pm on the Old Bronkhorstspruit Road, Vaalbank. There will be a 1,6 km fun dog walk where you can take your own socialised dog or one of the shelter’s dogs, various entertaining dog shows and hero’s awards. Children can look forward to a ‘funtastic’ play park. There will be live music entertainment, craft beer, a Zoerdoef beer garden and cocktail bar as well as a flea market and food stalls. Adults pay R25 entry and children under 12 go in for free. There is a R20 entry to the play park. Phone Wet Nose at 013-932-3941 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Ons hoor dat Boma Vleismark die platinum nasionale Cleaver-toekenning gewen het. Hulle is weereens nommer een in Suid-Afrika en is deur die SA Rooivleisbedryf bekroon vir: Higiëne; gehalte; diens; en waarde vir geld.

~*~


Die Valleipartei en Kinderkarnaval is op 31 Augustus by Valleisig Gemeente op die hoek van Tipperary- en Mayostraat, Faerie Glen. Die feesprogram skop om 8 vm af en strek van: Braveheart, ‘n honde-opleiding vertoning; trompoppies van Laerskole Garsfontein en Constantia Park; ‘n ‘shavathon’; Amazing Race; en potjiekos met musiek by die lapa. Daar gaan koskraampies wees, ‘n plaasstal, wit olifant en baie aktiwiteite vir kinders. Toegang is gratis. Skakel die kerkkantoor by 012-991-1542 op weeksdae van 8 vm tot 1 nm.

~*~


Die volgende ‘Ek is lief vir Cullinan’-mark is op Sondag 28 Julie onder in Oaklaan, Cullinan. Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid handgemaakte ware. Bespreek jou kraampie by Kat Behrens: 084-579-1803.

~*~


SteelWings has organised an event in support of local charities, including Kungwini Welfare Organisation, Wet Nose Animal Rescue Centre and Sungardens Hospice on 3 August from 10 am to 10 pm at Indoor Sports and Entertainment Arena (ISE) on the corner of Anneke Street and Lynnwood Road extension (Graham Road), Zwavelpoort. There will be live entertainment by: Martin Bester; Ghapi; BlackWater SA; Henk d’Kat; Corrie Booysen; and Marius Marais. Visitors can look forward to food stalls, food and drink specials, promo girls and hamper give-aways. There will be plenty of entertainment for children. Tickets cost R100. For ticket purchases contact Thea at 082-785-9166; Raymond at 071-675-3077; or Deon at 082-552-8034.

~*~


Die Lux Mundi Kampvuurfees en bazaar is op 3 Augustus van 10 vm tot 5 nm in Florisstraat 685, Garsfontein. Dié dag word voorafgegaan deur ‘n Jeugfees, ‘Infinity Fest 2019’, op 2 Augustus. Verskeie kunstenaars, soos Spoegwolf, Bad Peter en Henry L, gaan optree. Die hekke open om 3.30 nm en toegang is R150. Vat jou eie kampstoel of kombers saam. Daar gaan ook verskeie kraampies, koswaentjies en ‘n biertuin wees. Anna Davel tree die Saterdagaand by die kampvuurfees op. Kaartjies kos R100 en die kos is ingesluit. Skakel 012-993-5906/8 of 012-998-8801.

~*~


Glaskas is die kunstenaars by Monte de Dios se Eerste-Vrydag-Aandeteklub op 2 Augustus van
7 nm tot 11 nm. Toegang is R100 en dit kos R280 vir ‘n driegang maaltyd. Daar is ‘n kontantkroeg. Die adres is Achillesweg 106, Zwavelpoort. Skakel 087-654-4457.

~*~


Olympus Farmers Market is held every Friday from 5 pm to 10 pm and on Sundays from 10 am to
4 pm. Experience the feeling of spending a day in an outdoor market, whether it is shopping or a picnic with the family. Entrance is R10 and children under 10 get in for free. The market is at 65 Saal Street. Phone them at 084-858-6141.

~*~


Theuns Jordaan tree op 25 Julie om 8 nm op by Rockwood Teater. Kaartjies kos R160. Jan Blohm tree op 31 Julie om 8 nm by dié teater op met liedjies uit sy nuutste vrystelling, ‘Die Liefde Album’. Kaartjies kos R150. Die teater is in die Parkview Winkelsentrum op die hoek van Netcarestraat en Garstfonteinweg, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 27 Julie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


The organisers of the Fijnwyn Wine Festivals bring you Gin & Kie on 9 and 10 August. This craft liquor festival offers top gin brands and some craft beer, brandy, whiskey and rum. This will be a day for the whole family at Shokran, plot 99, Luiperd Street, Tierpoort. Entry is R160. Get your tickets at www.tickets.co.za or contact Charmaine: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 082-335-5659.

~*~


CRAFTher is die naam van ‘n kuns en handwerk werkswinkel wat op 27 Julie by Kungwini Welsynsentrum in Zwavelpoort aangebied word. Mense gaan geleer word hoe om ‘n botaniese ring of borsspeld te maak; ‘n mosaïek potstander; mosaïek sleutelrakkie; hoe om blokke te hekel; diamantkolletjies te maak; kunstige tekkies; en gemengde media kuns. Pryse wissel tussen R150 en R320 en sluit die materiaal in. Die werkswinkel is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-940-0221 of 087-096-0134 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Koos Kombuis tree op 25 Julie om 8 nm by Lagom Café en Teater Bistro op. Die voorafgaande sang is deur Yeorgios Dracopoulos. Kaartjies kos R300. Lagom is op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Skakel 083-281-7284.

~*~


Die Bapsfontein-plaasmark is elke Saterdag van 9 vm tot 3 nm by Edithstraat 7, Bapsfontein. Toegang is gratis en daar is nie net vars plaasprodukte en lewende hawe te koop nie, maar ook handwerk, ‘n vlooimark, vermaak vir kinders, spys en drank. Alle troeteldiere moet aan leibande wees. Bel Charlene by 082-892-4304 of Paul by 083-296-8006.

~*~


JP White tree op 27 Julie om 8 nm op by Rafters. Kaartjies kos R80 en is by iTickers.co.za beskikbaar. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Bok van Blerk tree op 2 Augustus daar op en kaartjies kos R150 vir volwassenes en R70 vir kinders onder 15 jaar. Die deure open om 6.30 nm en die vertoning begin 9 nm. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof. Skakel 071-610-2132.

~*~


Stef Bos se nuwe vertoning, ‘Ruimte’, is op 29 Julie om 8 nm by Atterburyteater. Kaartjies kos R180 tot R200. Anna Davel tree op 6 Augustus om 8 nm hier op met musiekprodusent, Jaconell Mouton. Sy fokus op die hoogtepunte van Shirley Bassey se loopbaan en gehore kan uitsien na liedjies soos ‘Diamonds are forever’, ‘Never, Never, Never’, ‘Big Spender’,  ‘Kiss me, Honey, Honey’, ‘Where do I begin’ en ‘I am what I am’. Kaartjies kos R150 tot R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Franja du Plessis en haar broer, Ruan Josh, tree op Vrydag 9 Augustus om 12.30 nm by Jan Harmsgat se Agterplaas in Oaklaan 88, Cullinan op. Franja was in 2013 in die film ‘As jy sing’ as Marna te sien. Haar debuutalbum, ‘My verhaal’, het in 2016 verskyn en platinumstatus behaal. Franja en Ruan is sangeres Juanita du Plessis se kinders. Kaartjies kos R150. Bespreek by 082-255-2465.

~*~


Karlien van Jaarsveld tree op 2 Augustus by Weiveld op. Die deure maak 7 nm oop en kaartjies kos R80. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Jan Blohm tree op 3 Augustus by Cockpit Brewhouse in Oaklaan, Cullinan op en Dewald Wasserfall op 10 Augustus. Bespreek by 066-270-9153.

~*~


Helder, die musiekblyspel gebaseer op die verhaal van Josef in die Bybel, word van 22 tot
24 Augustus by die NG Tygerpoort-gemeente in Shere aangebied. Met musiek en ‘n aangrypende verhaal trek Gropp en Van der Westhuizen die gehoor in die wêreld van straatbendes, weeskinders en weldoeners in. Die produksie spog met gesoute spelers, Anna Davel en Pierre Breytenbach, asook jong talent en top musikante. Kaartjies is beskikbaar by ngtyger.com. Die gemeentefees word op 23 Augustus van 1.30 nm tot laat gehou met ‘n kosmark, kinderpretpark en kuiertent. Skakel 012-809-0107.

~*~


Die volgende Bospraatjie, ‘Asië se onwettige wildlewe-mark’, is op 25 Julie om 6.30 nm by Safari in Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Die spreker is Phillip Hattingh, iemand wat op eie koste die Asiatiese lande besoek om inligting in te win en films te maak oor die groot probleem van stropery. Kaartjies kos R30. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 083-226-6861.

 

© 2019 Die/The Bronberger