Vlakvarkfees kook in die bos PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 July 2019 09:22
Untitled Document

Die Vlakvarkfees, wat van 5 tot 7 Julie by Aquizi Lodge buite Cullinan gehou is, het vermaak vir oud en jonk gebied. Daar was modelkompetisies, biertuine, ‘n biltong-en-brandewyntent, ‘n vlakvarkpotjie-kompetisie en meer as 100 vlooimarkkraampies.


Die dansers skop stof op
Foto: Focus Point-M2K


‘n Deel van die gehoor
Foto: Focus Point-M2K

Bekende sangers het op drie verhoë optree en daar was ’n Bosatrium met toneelstukke deur Lizz Meiring, Michelle Botha, Willie Strauss, Cobus Venter en Rudolph Basson.


By The Wild Team se uitstalling by die fees kon mense allerhande reptiele troetel
Foto: The Wild Team

Die fees is saam met Caring Daisies gereël en van die feesfondse gaan aan behoeftiges.


Michelle Botha met haar vertoning, ‘Storm in an F cup / Bra-vades’, in die Bosatrium Teater
Foto: Vlakvarkfees

 

© 2019 Die/The Bronberger