Wyn vloei rondom die groot gat PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 July 2019 11:20
Untitled Document

Die derde jaarlikse Cullinan-wynfees is op 22 Junie gehou met meer as 20 wynkelders, brouerye en distilleerders waar wyn, mampoer, bier, jenewer en tee van regoor die wêreld geproe kon word.


Shaun van Wyk en Danie Booysen het die wynproe by Urban Winery in Duits aangebied. Hugo gegeurde vonkelwyne vanuit Duitsland was net vir die naweek daar beskikbaar
Foto’s: Verskaf


Gasvrou Leandri Oberholster, regs, in een van die bussies wat belangrike gaste aangery het
.
.
I

Dié R513 Diamant-wynroete is deur Echo Events en Village Wine Tasting Room in die dorp aangebied.


‘n Proe-partytjie by Just Ginger in Oaklaan

Meer as 800 deelnemers het by Cullinan Junction weggespring, waar ‘n glas, armband en kaart van die roete deur die dorp verkry is.


JB Becker het die teeproe aangebied
.

Die ete-onder-die-sterre is in ‘n rektent by Cullinan Junction gehou

Die Pers Partytjiebus het gaste vanaf Hatfield aangery en die aand is ‘n ete-onder-die-sterre met sjef JB vir voorafbespreekte gaste by Cullinan Junction aangebied.


Van die gaste het besluit dat daar dadelik gedans moet word

Die dorpie het behoorlik ingespring om deel te neem en ‘n ‘Ek is lief vir Cullinan’ vlooimark is onder in Oaklaan vir wynfeesgaste gehou.


Mounique Blignaut, middel, was die wenner van ‘n tanzaniet-ring vir die mooiste kraampie by die ‘Ek is lief vir Cullinan’ mark. Sy staan saam met JanHarm Vorster en Kat Behrens van Busted Knuckle Diner, wat die ring geborg het

‘Moenie drink en stoot nie’ lees dié kennisgewing langs die kruiwa by Cullinan se OppiStasie
.
.

.


Wynproe met oester-pasmaats in die Cullinan Premier Hotel se wynkelder

 

© 2019 Die/The Bronberger