Kleinfontein lok oorsese toeriste |
|
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 22 June 2009 18:07 |
Untitled Document
Kleinfontein lok oorsese
besoekers wat ons land
volgende jaar met die
Fifa-wêreldsokkerbeker gaan
besoek met kultuur-toerisme.
Kleinfontein se taakgroep vir
kultuur-toerisme het Saterdag
30 Mei hul eerste byeenkoms
met die Eisch Konsortium/Fun
Tourism groep gehad. Hulle het
dié konsortium ’n voorsmakie
gegee van wat vir volgende
jaar beplan word.
Uitstallings gaan gebruik word
om te vertel waar ons
Europese voorvaders vandaan
gekom het en hoe die Boerevolk
ontstaan het. Belangrike
historiese gebeurtenisse soos
die Groot Trek en die Anglo-
Boere-Oorlog gaan uitgebeeld
word.
Daarna sal die besoekers vermaak
word met boeredanse
asook volkspele in tradisionele
drag. Dit word opgevolg met ’n
tradisionele boere-ete wat ’n
wildspotjie, stampmielies, slaai
en varsgebakte brood met koesisters
as nagereg, insluit.
 Uitbeelding
van volksplanting
aan
die Kaap
Foto: Paul
Bosman
|
|