Rommel op staptog tussen dorpe opgetel PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 July 2019 09:16
Untitled Document

Personeellede van Cullinan- en Rayton Apteek het op 15 Junie saam met ‘n interkerklike groep gaan stap en rommel langs die pad opgetel.

Gemeentes wat aan dié 8,4 km stap van Rayton na Cullinan deelgeneem het, was die Evangelie Kerk Cullinan, Lewende Woord Cullinan, Rayton Christian Church, Premier Myn NG Kerk, Volle Evangelie Cullinan en AGS Rayton.


Van links na regs by die wegspringplek: Danielle Van Wyk, Talita Van Wyk, Anna Ntabeli, Annetjie Pieterse, Tamlyn Goosen, Johan Pieterse, Franco Goosen en Helena Gouws
Foto’s: Verskaf

Die stappers het vanaf die Rayton Christian Church tot by die Evangelie Kerk in Cullinan gestap. Tamlyn Goosen van Rayton apteek sê dat hulle 7 vm in die pad geval het. “Dit was ’n bitter koue oggend, maar ons was vol energie. Wat ’n belewenis!”

Sy vertel dat een van die hoogtepunte die roomkoek-gooi was. Elke gemeente se pastoor of dominee is opgeveil en die mens wat die hoogste bod ingesit het, kon ’n roomkoek in hulle pastoor se gesig gooi.


Met asbliksakke vol vullis by Cullinan apteek, staan Tamlyn Goosen, Franco Goosen, Johan Pieterse, Annetjie Pieterse, Anna Ntabeli en Helena Gouws

Die staptog het ook gedien as die afskop van Cullinan- en Rayton Apteek se gemeenskapsprojek, naamlik rommelverwydering. Pick n Pay het koeldranke langs die pad geborg en die Waterkan het vir almal sakkies water gegee. Die fondse wat ingesamel is, het na die verskeie gemeentes gegaan om mense in nood by te staan.

 

© 2019 Die/The Bronberger