Nuwe dorpstigting vir Zwavelpoort beplan PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 July 2019 09:12
Untitled Document

Die publiek het tot 19 Augustus tyd om kommentaar te lewer oor dorpstigting op 6,85 hektaar van gedeelte 14, Zwavelpoort, langs Lynnwoodweg-verlenging. Camel Valley is die naam van ‘n voorgestelde residensiële ontwikkeling deur Trueprop Facilities (Edms) Bpk.

Seedcracker Environmental Consulting (SEC) is aangestel om ‘n wysigingsaansoek by die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDLLO) in te dien vir omgewingsmagtiging wat op 7 April 2010 gegee is vir gemengde grondgebruik op dié stuk grond. Die magtiging se verwysing is Gaut 002/07-08/N0545.


Die ligging van die voorgestelde Camel Valley

Die wysiging wat aangevra word is dat residensiële grondgebruik by die bestaande gemengde grondgebruik vir die studiegebied bygevoeg moet word. GDLLO is van mening dat omgewingsmagtiging vir residensiële gebruik ‘n substantiewe wysiging van die reeds goedgekeurde gebruik is en het ‘n omgewingsimpakstudie aangevra.

Inwoners het die kans om dié studie onder oë te kry. Hulle kan na die wysigingsverslag, wat meer besonderhede oor die projek bevat, gaan kyk op SEC se webtuiste: www.seedcracker.co.za/projects.

Belanghebbende partye wat meer inligting verlang kan vir SEC se Stephanie Cliff bel by 082-626-4117 of ‘n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger