Bronbergse Arabierperdtelers
het ’n weghol sukses gehad in
die Nasionale Arabierperd
Kampioenskappe vir 2009. Dié
kampioenskappe is van 28 April tot
2 Mei by die Afridome in Parys,
Vrystaat gehou.
Deelnemers van oor die hele land
asook telers vanaf Namibia het aan
die skouspel deelgeneem. ’n Handjievol
telers van die Bronberg-omgewing
het hul saals, tooms en perde
gepak en die strawwe kompetisie
op nasionale vlak gaan aandurf.

Die SA Nasionale Kampioen Ope Ryperdklas is gewen deur Chris Hartman
op El Jamani Zalique vir die Bronbergse El Samar Arabier stoetery
El-Passo
El-Passo stalle van plot 39, Zwavelpoort,
spog met hul kinderruiter,
Tamryn Kruger, wat twee eerste
plekke, twee tweede plekke en ’n
vierde plek in die verskeie ryklasse
verower het. Na afloop van die skou
is Tamryn bekroon met die Kinder
Victor Ludorum vir stap en draf.
Rayno van Reenen met sy skouhings,
Tehama Thee Saracen, van
dieselfde stalle het ’n totaal van vyf
eerste plekke verower in die skou
en in die kampioenskappe die volgende
verower:
SA Nasionale Kampioen
Kinder/Junior Ryperd 2009, SA
Nasionale Reserwe Kampioen Skou
Ryperd 2009, SA Nasionale Reserwe
Kampioen Ruiter 2009, SA Nasionale
Kampioen Skoujag Plesier Ryperd –
vierde in die top vyf, en SA Nasionale
Kampioen Ope Ryperd - vyfde
in die top vyf.
Dewald Malan het ’n sesde plek
verower in die Veterane Ruiterafdeling
en Laura Archer het ’n
vyfde plek verower in die Volwasse
Ruiter-afdeling en ’n tweede plek in
die Nuweling Ryperd-afdeling.

Sansia Brink van El Samar het die SA Nasionale Kampioen Skoujag
Plesierperd gewen op El Jamani Silvern Rashah
Shiraz
Johan van Rensburg van Shiraz
Arabiere, plot 36, Zwavelpoort, het
die Junior Engelse Plesier Tuigperdafdeling
gewen waarna hy in die
kampioenskappe bekroon is as
Suid Afrikaanse Nasionale Engelse
Plesier Tuigperd Kampioen met hul
jong ingevoerde hings, Appalanation.
Die skouhings, Om El Shah Dream,
het vir eienaar Viva Durno ’n wen in
die Senior Hingste In-Hand Kampioenskap
en ’n reserwe plek in die
Senior Hingste In-Hand Kampioenskap
besorg. Hennie van Reenen
het hom geskou.

Rayno van Reenen met sy skouhings,
Tehama Thee Saracen, van El-Passo
stalle het vyf eerste plekke verower
El Samar
Sansia Brink van El Samar Arabiere,
Zwavelpoort is bekroon as SA Nasionale
Kampioen Skoujag Plesierperd
op die perd Jamani Silvern
Rashah.
Chris Hartman van dieselfde stoet
het die perd El-Jamani Zalique gery
en was die Reserwe Kampioen Skou
Ryperd en SA Nasionale Kampioen
Ruiter. Hulle dogter, Marisa Brink,
het ook haar klas, Kinderruiter,
gewen.
Carol-Ann Paterson het met El
Samar se hings, El Jamani Silvern
Quatro, ook baie goed gedoen. Sy
het die Veterane Ruiter-afdeling
gewen en in haar ander klasse goed
presteer met dié jong perd.
Ons kontrei se Arabierperdtelers sê
dat hulle baie trots is op al hul Bronbergse
ruiters. Hulle harde werk
word weerspieël in die uitslae.

El-Passo se Tamryn Kruger, op
Elsabad Nikita, is bekroon met
die Kinder Victor Ludorum vir
stap en draf |

Marisa Brink van El Samar het die
kinderafdeling van die Arabierperd
Skoujag Plesier Ryperd en die kinders
se kostuumafdeling van die Arabierperd
Nasionale Kampioenskappe gewen
op Jamani Silvern Rasha |
|