Veiligheidsdag op Kleinfontein gehou PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:22
Untitled Document

Betsie Steyn

Kleinfontein se veiligheidskomitee het in Mei ‘n opedagbyeenkoms gereël waar verskeie instansies en uitstallers kragte saamgespan het en hulle kundige vermoëns met professionele demonstrasies getoon het.


Kleinfontein se wagte in hulle nuwe uniforms en fietse wat ingespan gaan word om misdaad te beheer
.
.
.

Lede van die Veiligheidskomitee: Paul McMenamin, organiseerder; sanger Chris Coetzer; Betsie Steyn, koördineerder; Ben Kieser, voorsitter; Marietjie Nell, bestuurder; en Wickus Cremer van die sekuriteitsafdeling
Foto’s: Carel Breytenbach

Die program het met ‘n vergadering afgeskop waar inwoners ingelig is oor nuwe planne om veiligheid te verskerp en misdaad te beperk. Die dag was baie geslaagd en terugvoer van die inwoners was oorweldigend positief.


Die kapingdemonstrasie was eg voorgestel

Daar was padblokkade-demonstrasies, ‘n realistiese onluste-scenario met anti-kapingstegnieke, ‘n hommeltuigvertoning en ‘n hondevertoning. Uitstallers, wat inwoners ingesluit het, het die jongste rekenaartegnologie ten toon gestel en ander het vir die eet- en drinkgoed gesorg.


Die pantservaanval was realisties en die skote het behoorlik geklap

Plaaslike kunstenaars, waaronder die Kleinfonteinorkes, het die vermaak verskaf. Daar was ook pret vir die kinders. Martin Jansen van PretoriaFM was die seremoniemeester en Chris Coetzer die gaskunstenaar.


Martin Jansen wys na die hommeltuig wat Angelique Kieser vashou. Dié klein apparaatjie, wat soos ‘n miniatuurhelikopter lyk, kos ver oor die miljoen Rand

Die hondevertoning het vir groot opwinding gesorg
.
.
.


Belangstellendes by die veiligheidsinligtingsvergadering

 

© 2019 Die/The Bronberger