Sosatiefees bied volop vermaak PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:22
Untitled Document

Die Rayton-sosatiefees is op 24 en 25 Mei by die NG Kerk Rayton se gronde gehou. 


Die pretstappers val in die pad
Foto: Emma Koekemoer

Gaste het die Vrydagaand om ‘n kampvuur begin kuier saam met gaskunstenaar Johan Kritzinger tot skielike reën hulle onder die afdak in laat skuif het.


Dominee Chris Lötter en die kinders
Foto: Emma Koekemoer

Proteas is groot in ons kontrei
Foto: Albert Bester

Heerlike tuisgebak
Foto: Albert Bester
.

Mense het tougestaan vir die eetgoed in die kerksaal
Foto: Albert Bester

Die Saterdag was daar stap en fietsry, ontbyt, sosaties en wors saam met pap en sous, asook ‘n teetuin met pannekoek en soetgoed. Vermaak was volop vir groot en klein en het gestrek van gaskunstenaars tot lyndanse en verskeie kraampies.


Daar is lekker gesels by die kraampies
Foto: Albert Bester
.

Sarel en Sean Botes senior het aan die fietsry deelgeneem
Foto: Emma Koekemoer

Sean Botes junior
Foto: Emma Koekemoer

Wat is ‘n fees nou sonder pannekoek?
Foto: Emma Koekemoer

 

 

© 2019 Die/The Bronberger