Gesneuwelde soldate word onthou PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:20
Untitled Document

Die Raad op Militêre Veterane Organisasie (RMVO) het op Sondag 26 Mei ’n gedenkdiens by die Voortrekker-monument gehou. Ongeveer 1 000 mense het die geleentheid bygewoon, waarvan verskeie naasbestaandes was van gesneuweldes in die grensoorlog.


Blommekranse voor die SA Weermag se Muur van Herinnering

Hooggeplaastes, soos afgetrede generaals en ander soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag, was teenwoordig. Militêre attaches van verskeie lande het kranse gelê.

Daar was ’n verbyvlug van Harvard-vliegtuie, ’n Impala-straler en ’n vertoonsprong van drie valskermspringers.


Voor, van links na regs: Kapelaan van die Weermagvereniging, dr Roelf Schoeman; ondervoorsitter van die Weermagvereniging, Johann du Preez; Ben Greyling, wat die Orioneenheid verteenwoordig het; en Kleintjie Hattingh van die Jakarandasektor. Agter staan skildwagte
Foto’s: Verskaf

Arnold Geerts het die afkondigings behartig en Jannie Moolman en Matthys Roets het gesing.

 

© 2019 Die/The Bronberger