Terapiehonde bring liefde na tehuis PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:19
Untitled Document

Die span van Top Dogs se terapiehonde het Kungwini Welsynsorganisasie op 23 Mei besoek.

Die Paul Jungnickelhuis vir volwasse gestremdes is een van dié Zwavelpoort-gebaseerde welsynsorganisasie se afdelings wat die terapiehonde met ope arms verwelkom het. Inwoners hou daarvan om aan die honde te raak en selfs om honde, wat nie juis as skoothondjies beskou kan word nie, op te tel en vas te druk.


Top Dogs terapiehonde sit ‘n glimlag op gesigte
Foto’s: Verskaf

Top Dogs, ‘n afkorting vir “touch our pets”, is ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2008 begin is. Terapiediere, hoofsaaklik honde, doen terapeutiese besoeke aan hospitale, hospitiums, ouetehuise, sorgsentrums, groepbehuising en baie ander plekke waar dit nodig is om ‘n glimlag op iemand se gesig te sit.


Terapiehonde het groot plesier aan inwoners van Paul Jungnickelhuis verskaf

Hulle bring ondersteuning, gerief, fokus, plesier, stimulasie, afleiding van pyn en verligting van spanning. Dié honde bied inwoners van tehuise iets om na uit te sien en hulle besoeke is ‘n welkome verandering in die normale roetine.


Groot terapiehonde word binne ‘n japtrap ‘skoothondjies’

Die Top Dog koördineerders vir die Pretoria-gebied is Alta Rossouw en Ilona Kruger. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger