Metro herroep omstrede heffing PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 25 June 2019 09:17
Untitled Document

Die Tshwane-metro het sy kontroversiële stadreinigingsheffing herroep.

Burgerregte-organisasies het uit die staanspoor die wettigheid van dié heffing bevraagteken en AfriForum het die minister van finansies versoek om die ongrondwetlikheid daarvan na te gaan.

Die minister se kantore het die kwessies met die metro opgeneem en uiteindelik het die metro die raamwerk só vervang dat dit nou aan grondwetlike bepalings voldoen. Die afskaffing van dié beleid beteken dat belastingbetalers nie meer maandeliks ’n bykomende bedrag van R127,04 vir residensiële eiendomme en R2 911,67 vir sake-eiendomme hoef te betaal nie.

Die Wet op Munisipale Fiskale Magte en Funksies, 2007 (wetno. 12 van 2007) maak voorsiening vir die magtiging van belasting, heffings en pligte wat munisipaliteite ingevolge die Grondwet mag oplê. Dít moet egter eers deur die minister van finansies goedgekeur word.

Die stadreinigingsheffing val binne die omvang van dié wet, aangesien dit gegrond is op ’n vaste maandelikse bedrag en nie verband hou met die mate waarin die diens aan individuele eienaars gelewer of deur hulle gebruik word nie.

“Die Grondwet en ander wetgewing plaas verpligtinge op die staat waaraan hulle moet voldoen. Dit is die gemeenskap se verantwoordelikheid om instellings tot verantwoording te roep,” sê Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake.

 

© 2019 Die/The Bronberger