Wat eintlik aangaan PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 June 2019 09:13
Untitled Document

Liezl Jansen van Zwavelpoort skryf:
Ek verwys na die artikel, ‘Toegang na steengroef versper’. Die inligting is nie heeltemal korrek nie. Die eienaar, Michael Jansen, sukkel al jare om van die onwettige plakkers daar ontslae te raak.

Daar is aan almal by die kliphuis sowel as by die mark en plakkerskamp kennis gegee om die perseel te verlaat. Hulle het tyd gekry tot 31 Mei 2019. Daar was twee elektrisiëns, wat altwee gesê het dat die krag onveilig is. Die krag is afgesit en daarom het hulle begin betoog.

Daar is doodsdreigemente aan my gestuur. Ná daar ’n klag by die Boschkopse Polisiestasie gelê is, het ’n polisieman gesê hy gooi die dossier uit want dit is ’n vals klag, alhoewel die oproep opgeneem is.

Die mense daar het ’n kleuterskool op die perseel. Kinders is onveilig met kragkabels wat oop lê. Hulle het ’n sjebien wat verseker onwettig is. Die polisie doen niks om dit te keer nie.

Dit sal fantasties wees as die gemeenskap bewus gemaak word van wat eintlik daar aangaan.

 

© 2019 Die/The Bronberger