Pendelaars onderteken versoekskrif oor Witpoort-grondpad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Mense wat daagliks die Witpoort-grondpad gebruik sê dat dié pad lewensgevaarlik is. Dié grondpad begin net ná die teerpad wat by Laerskool Witpoort verbyloop as ‘n verlenging van Garstfonteinweg, die M30 roete.

Hendrik Opperman sê dit is ‘n besige pad omdat ouers hulle kinders daagliks heen en weer van Laerskool Witpoort af aanry. Skoolbusse maak ook van dié pad gebruik.


Die bloekombos aan die regterkant van die pad
Foto’s: Hendrik Opperman

Hendrik het ‘n versoekskrif opgestel wat deur padgebruikers onderteken word. Hulle vra dat pad nommer D2761-Witpoort tot ‘n grootte van 37,8 meter herstel word. Die pad het vanaf 500 meter ná die teerpad tot 16 meter vernou oor die gedeelte van JJ Opperman se plaas.

Volgens die paaie-departement op Bronkhorstspruit, moet die pad 37,8 meter wyd wees, insluitende die padreserwe. Groot bloekombome aan die suidekant van die pad vernou dit verder tot tien meter.


Die pad is diep uitgeskraap aan die een kant

Eskompale is binne-in die padreserwe aan die noordelike grens geplant.

Hendrik sê dit is gevaarlik omdat die pad aan die een kant diep weggeskraap is tot teenaan die draadheining en aan die ander kant staan die bosse bloekombome tussen die heining en die ry-oppervlak. Hy sê dat slote in die pad al tot lewensverlies gelei het.


‘n Grondwal en slote in die pad

Mense wat die versoekskrif wil onderteken kan Hendrik Opperman bel by 082-578-7195 of ‘n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger