Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document


Pryse ter waarde van R50 000 kan gewen word by Kungwini Welsynsorganisasie se prettrap op 18 en 19 Mei by die Hazeldean Vallei-roete. Die fietswedrenne word gereël om mense bewus te maak van gestremdhede. Op 18 Mei is daar ‘n 5 km, 10 km en 15 km wedren en op 19 Mei ‘n 25 km en 50 km wedren. Dit kos R100 om deel te neem en R200 om ‘n kaartjie te koop vir die gelukkige trekking. As jy wil deelneem en ‘n kaartjie koop, kos dit R150. Die wedrenne skop by die Hazeldean Cowhouse-mark af. Vir meer inligting, besoek www.kwo.org.za.

~*~


Die bestuur van die Welbekend Brandbeskermingsvereniging nooi alle lede uit na ‘n algemene jaarvergadering op Saterdag 18 Mei om 10 vm by Laerskool Witpoort. Vir meer inligting, bel Johan van Emmenis:  067-017-6677.

~*~


Rockwood Theatre presents a brand new show paying tribute to the music from Hollywood’s greatest blockbuster movies. ‘Hollywood Hits’ is from 23 to 26 May at 8 pm and offers a journey through the music from movies of the 70’s, 80’s, 90’s and beyond. Tickets are from R99 to R180. The theatre is at Parkview Shopping Centre on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreletapark. Phone them at 012-368-1555.

~*~


Geesfees 2019 word op 1 Junie vanaf 10 vm op Boekenhoutskloofdrift gedeelte 75 op die RR pad gehou. Franna Benade en Leon Ferreira gaan optree en die spreker is Chris van Niekerk. Toegang is gratis en uitstallers is welkom. Bel Brenda Myburgh by 082-899-8856.

~*~


‘Disney on Ice: Magical Ice Festival’ is from 14 to 17 June at 6 pm at the Time Square Sun Arena, 209 Aramist Avenue, Menlyn. In a new twist on fairy tale fun, comical segments from  favourite Disney films set the scene for the show stopping on-ice stories of princesses Ariel, Rapunzel and Belle. Plus, enjoy a special appearance by Anna and Elsa from the Academy Award winning animated feature film, Disney’s Frozen! Ticket prices range from R150, R250, R350 to R450. Phone them at 086-084-6377.

~*~


Die Crafters Fair Wintermark word van 29 Mei tot 7 Junie van 9 vm tot 6 nm by NG Moreletapark Gemeente gehou. ’n Groot verskeidenheid hoë kwaliteit produkte van uitstallers reg oor Suid-Afrika word onder een dak uitgestal. Die mark is toe op die Sondag en op 30 Mei. Die kerk is in De Villabois Mareuil-rylaan 1353, Moreletapark. Skakel 012-997-8000.

~*~


‘Alice in Wonderland’ is performed at Atterbury Theatre on 14 and 15 June. This new rendition of Lewis Carroll’s classical tale was OAK Youth Theatre’s debut show in 2015. Alice, our daydreaming 13 year old played by Eunice Campher, is thrown into a world like no other – full of adventure. The Friday show times are 3 pm and 8 pm and on Saturday the show starts at 11 am, 3 pm and 8 pm. Tickets cost from R170 to R200. The theatre is at 4 Daventry Street, Lynnwood Manor. Book at 012-942-5951.

~*~


‘Boerboele, Buffels en die Leeuloop’ is ‘n op-die-man-af praatjie wat op 1 Junie van 9 vm tot 12 nm deur seksterapeut en komediant, Timothy Kieswetter, by Diep in die Berg gehou word. Kaartjies kos R200. ‘n Lekker stuk biltong is ingesluit in die kaartjieprys, so maak seker jy vat jou knipmes saam. ‘n Deel van die winste gaan aan liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Diep in die Berg is in Disselboomstraat 929, Wapadrand. Skakel 012-807-4630.

~*~


Fijnwyn Red and Port Wine and Food Festival is on 15 and 16 June from 10 am to 5 pm at Shokran, nestled amidst a pecan nut and almond plantation on plot 99, Luiperd Street, Tierpoort. Spoil your taste buds with excellent wine, great food from deli food stalls and food trucks and to round it all off – live music. With more than 40 wine estates, you’ll taste some of the best wines South Africa has to offer. Tickets cost R170 for adults, including wine tastings and a glass. Children between 12 and 18 pay R50 a ticket and children under 12 enter for free. You can prebuy tickets online at www.itickets.co.za. Visit www.fijnwyn.co.za or contact Charmaine: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 082-335-5659.

~*~


Windpomp se volgende mark is op 25 Mei van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Steve Hofmeyr tree op 7 Junie vanaf 9 nm by Rafters op. Die deure maak 7 nm oop en kaartjies kos R150. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , 082-600-3469 of 071-610-2132. Rafters is op die hoek van Blesbok- en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof.

~*~


‘Six in the City’ is the name of a comedy night held at Lagom Café on 23 May from 8 to 11 pm. Comedians include: Kraai du Toit; Prins VR; Nqoba Ngcobo, Thato Mabela; Gilli Apter and Thabiso Mlhon. Lagom Café and Theatre Bistro is at Ridge Square On Lynnwood on the corner of Lynnwood Road en Albeth Street. Phone them at 083-281-7284.

~*~


Die Cullinan-wynfees word op 22 en 23 Junie gehou. Dit is die derde Cullinan-wynfees (Diamantroete) wat deur Echo Events en Village Wine Tasting Room in die dorp aangebied word. Die wynproe is van 10 vm tot 4 nm met wyne van 19 wynlandgoedere wat by sewe verskillende plekke in Cullinan geproe kan word. Deelnemers begin by Cullinan Junction in Hotelstraat 4, waar ‘n glas, armband en kaart verkry word. Proe-kaartjies kos R120 aanlyn en R150 by die gebeurtenis. Daar is ‘Vintage’ proe-kaartjies, wat ‘n op-en-af- hop tussen die proeplekke insluit, teen R180 aanlyn en R200 by die gebeurtenis. Die Partytjiebus besoek die wynfees en vertrek vanaf Gautrein-stasies Hatfield en Centurion. Dit kos R380. Skakel 083-646-3686 of besoek qkt.io/cullinan.

~*~


‘n Nuwe plaasmark word elke Saterdag van 9 vm tot 3 nm op Bapsfontein gehou. Toegang is gratis en daar is nie net vars plaasprodukte en lewende hawe te koop nie, maar ook handwerk, ‘n vlooimark, vermaak vir kinders, spys en drank. Alle troeteldiere moet aan leibande wees. Die mark is by Edithstraat 7. Bel Charlene by 082-892-4304 of Paul by 083-296-8006.

~*~


Die Rayton-sosatiefees skop op 24 Mei om 5 nm af met ‘n kampvuurkonsert deur Johan Kritzinger. Op Saterdag 25 Mei begin die verrigtinge om 8 vm by die NG Kerk Rayton se gronde. Daar is stap en fietsry, lyndanse, kraampies, ontbyt, sosaties en wors saam met pap en sous, ‘n teetuin met pannekoek en soetgoed en vermaak vir die kinders. Toegang is gratis. Bel Linda by 012-734-4323 of 082-563-0437. 

~*~


The Good Vibes Hippie Festival is on 15 and 16 June at plot 20, Tierpoort. There will be barefoot dancing, drumming, live entertainment, food and drink and arts and craft stalls. The gates open at 10 am on the 15th and camp sites are available. Performers include Henk de Kat, Shawn Miller, Marius, Route 3 Blues Rock Band and JahWorx. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Phone them at 079-612-0411 or 081-726-8074.

~*~


Die Vlakvarkfees is van 5 tot 7 Julie by Aquizi Lodge buite Cullinan. ‘n Verskeidenheid kunstenaars gaan op drie verhoë optree. ’n Splinternuwe toevoeging by die jaar se fees is die Bosatrium met teater- en toneelstukke. Sanger Jaycee Crause, wat reeds in 2018 ’n beoordelaar by die vlakvarkpotjie-kompetisie was, staan die jaar aan die stuur van sake. Feesgangers kan uitsien na watertand-lekker potjies met kreatiewe temas en kan hap-hap stap deur meer as 100 vlooimarkkraampies met tuisgemaakte produkte en die heerlikste kosse, pannekoek, lekkergoed, tertjies en vars produkte. Daar gaan modelkompetisies en vermaak vir oud en jonk wees. Kaartjies is by iTickets.co.za.

~*~


Jan Blohm en Band tree op 23 Mei om 8 nm by Atterbury-teater op. ‘Die Liefde Album’ is Jan se nuutste vrystelling na ses jaar, en is gevul met die rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ‘n album. Kaartjies kos van R160 tot R170. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951. Jan tree ook op 30 Mei om 8 nm op by Sinkshack, Cathiestraat 57, Erasmus, Bronkhorstspruit. Kaartjies kos R100. Bel Deon by 078-741-7597.

~*~


Die volgende bospraatjie vir natuurliefhebbers is op 30 Mei om 6.30 nm by Safari se lapa, Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Die spreker is Brian Jones en hy gaan oor sy jarelange ervarings in die bos praat. Toegang is R30. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 083-226-6861.

~*~


The 2019 annual season of Partyfest Pretoria kicks of on 23 May at 8 pm, hosted at Madison Avenue. The theme is burlesque and there is a R1 500 cash prize for the best dressed person. In this national events and dance series competition, student teams from varsities across the country will try to claim their share of the R50 000 regional prize pot and title trophies with different themes hosted. Entrance is R35. The venue is at 2 Ernie’s Place, Equestria. Send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger